CREATION MINISTRIES INTERNATIONAL | Please wait for images to load | VIEW ENGLISH 
CREATION MINISTRIES INTERNATIONAL | Please wait for images to load

Met ‘n paar duisend mense bereik, stem jonk en oud saam—dis nie ‘ruimtewetenskap’ nie!

“Baie dankie … Ek let normaalweg nie eintlik op nie, maar hierdie naweek het ek werklik iets geleer!” Jenice is maar een van ‘n paar duisend mense wat CMI-SA die voorreg gehad het om onlangs te bereik tydens twee naweek-uitreike in Gauteng, en ’n uitgebreide bedieningstoer in KwaZulu-Natal.

Mense met verskillende agtergronde, kulture en tale is behoorlik aangevuur deur die Genesis/evangelie-boodskap.Dit was weereens ’n voorreg om Christene te motiveer, bemoedig en toe te rus met die jongste wetenskaplike getuienis wat die akkuraatheid van God se Woord, die Bybel, bevestig en die ‘storievertellings’ van molekules-tot-mens evolusie aan die kaak stel.

Soos dikwels die afgelope 10 jaar, was dit aangrypend om mense in die gehoor te sien sit—aanvanklik met gevoude arms, maar later op die punt van die stoel verdiep in dit wat gesê word. Net so opwindend is dit om die opgewondenheid in iemand se oë te sien wanneer "die lig aanskakel" by die besef dat die Bybel betroubaar is vanaf die eerste vers —en met die werklike wêreld verband hou!

Soos ons van dorp tot dorp en kerk tot kerk gereis het (en ’n naweek-gesinskamp)—het kinders, jongmense, ouers, en selfs grootouers geesdriftig gereageer. ‘n Jong Brett (Jnr.) S. was in ekstase om te leer “dat evolusie nie waar is nie.” Kevin het die “interessante praatjies oor hoe merkwaardig ons aarde en heelal geskape is, baie geniet.” J. het bloot gesê: “Dankie vir jou passie … Jou liefde vir die wetenskap is ’n inspirasie vir my.” Martin’sse oë het “vir die groter prentjie oopgegaan!” Marisa het haar verbly oor die feit dat “ons God so wonderlik is … Hy het alles so besonder geskape. Baie dankie dat jy jou kennis met ons gedeel het. Dit is nie ‘ruimtewetenskap’ nie!” Stephen & gesin was dankbaar dat “die skille en twyfel wat ons aanvanklik gehad het, verwyder is …” Volgens Randall R. was “die naweek ’n voorreg … Dat julle so goed ingelig is oor die wetenskap en die waarheid, en tog so nederig en toeganklik. Ek kyk nou beslis na die lewe deur die 'bril’ van ’n kreasionis.” En Roelf kon sy opgewondenheid nie inhou nie: “Daar is waarhede wat ek die naweek geleer het wat ek nooit geweet het nie!”

Individue is belangrik vir God, nie net die skares nie. Neem Jesus se eie bediening op aarde. Dikwels het hordes mense om hom saamgedrom, tog het Hy bewus geraak (aan die soom van sy kleed) van die sagte aanraking van ’n vrou in lyding (Matt 9:20). Hy het tyd opsy gesit vir ’n blinde bedelaar wat uitgeroep het in die hoop dat Jesus hom sou hoor (Mark. 10:47). En toe ’n siek man op ’n handgemaakte draagbaar deur die dak van ’n huis laat sak is, het Jesus sy preek onderbreek om na nog ’n mens in nood om te sien (Mark. 2:4). Hierdie is maar net ’n paar voorbeelde van mense wie se lewens vir altyd verander is omdat Jesus werklik omgegee het.

En so behoort dit ook vir ons te wees. “Die ‘vuur in die hart’ vir skeppingsbediening is ’n passie—maar ‘n passie wat omgee, en daarsonder is dit nie die moeite werd om met ’n bediening voort te gaan nie” (persoonlike e-pos, dr. Carl Wieland, Besturende Direkteur, CMI-Australië). Alhoewel meer as 7,000 mense die boodskap in minder as ’n maand aangehoor het, is dit individue wat ons agterna genader het met ’n vraag, ’n versoek, of ’n persoonlike behoefte. Om maar net een noem—aan die einde van ’n oggenddiens in ’n groot gemeente (met ongeveer 600 mense teenwoordig), het ’n jong man en vrou gereageer op die pastoor se oproep aan die gehoor om Jesus se aanspraak op hulle lewens te oorweeg. As ons aanbieding daardie Sondagoggend instrumenteel was om net twee mense te help om hulle lewens aan Jesus toe te wy, was die besoek die moeite werd!

As ondersteuners en vriende van CMI-bediening, vertrou ons u is net so opgewonde soos ons dat ’n hele klompie mense nou betroubare skeppings-hulpbronne in die hand het. Heelparty gaan nou gereeld die Creation magazine en INFObytes, ontvang. Baie gaan die webtuiste besoek (met meer as 7,000 gratis artikels) en ook besef hoe belangrik dit is om ‘terug te gaan na Genesis’ alvorens die Goeie Nuus met ongelowige familie, vriende en kollegas gedeel word.

Bid asseblief vir ons oorblywende naweekuitreike, die komende Gauteng-bedieningstoer, finale drukwerk van die Creation Answers Book in Afrikaans, akkreditasie van nuwe sprekers, opleiding van ’n addisionele bedieningskoördineerder, sowel as Gary Bates se besoek aan Suid-Afrika (DV) in Februarie 2013.

Ons is baie dankbaar vir ’n toenemende aantal gemeentes in Suid-Afrika wat die belang van die Genesis/evangelie-boodskap insien, en wat gewillig is om harte en deure vir CMI-bediening oop te maak. As u nog nooit ‘n aanbieding by u kerk of skool gehad het nie, vra gerus u leraar/pastoor of skoolhoof om ‘n CMI-praatjie te oorweeg. Kontak ons hier, en ‘n bedieningskoördineerder sal omsien na die res.

Terwyl die aanslag teen die Bybel eskaleer, neem die behoefte aan ‘antwoorde’ (1 Pet. 3:15) en die herstel van Bybelse grondwaarhede (Psalm 11:3) ook toe! Ons steun op die skenkings van gelowiges om die bediening te laat groei en uitreik-aksies soos hierbo, te onderhou. Ons wil u aanmoedig om ’n gereelde maandelikse donasie te oorweeg.

Laastens, onthou u die jong seuntjie met ‘vyf broodjies en twee vissies’ (Matt 14:17-19)? Wel, hy het aanvanklik gedink sy klein bydrae kan nie van veel hulp wees nie. Jesus het egter anders gevoel en ons weet almal wat die uitkoms daardie dag was! Hier dus ‘n woord van bemoediging—deur u gewig saam met die CMI-span in te gooi, sal u gebede en enige praktiese ondersteuning ’n impak hê op die lewens van individue vir wie Jesus gesterf en opgestaan het sodat hulle die ewige lewe saam met Hom kan deurbring.

Baie dankie—en ons bid die Here se seën en versorging oor u en u gesin.

15 Redes Om Genesis As Histories Waar te Aanvaar

R20
Refuting Evolution is a hard-hitting critique of the most up-to-date arguments for evolution, to challenge educators, students and parents. It is a powerful, yet concise summary of the arguments against evolution and for creation. It will stimulate much discussion and help students and teachers think more critically about origins. koop nou

Klip en Fossiel

R20
Hierdie gesogte boekie is hersien en opgedateer met heelwat aanvullende inligting. Dit verskaf basiese redes om skepping te aanvaar en evolusie te verwerp. Maklik-verstaanbare verklarings vir fossiele, ‘vermiste skakels’, mutasies, dinosourusse, natuurlike seleksie en veel meer. (Hoërskool–Volwasse) 48 bladsye koop nou

Die Genesis Vloed: Feit of Fiksie?

R20
Hedendaagse benaderings beskou die Genesis-verhaal oor ’n rampspoedige wêreld-wye vloed as blote fiksie. As so ’n gebeurtenis werklik plaasgevind het behoort die bewyse rondom ons te wees. In hierdie boek sal jy van aangesig tot aangesig kom met sommige van daardie boeiende bewyse. Van die groot menigte fossiele wat regoor die aardbol in water-bedekte afsettings neergelê is, tot antieke stamlegendes wat in bykans die hele wêreld se kulture voorkom, gee Die Genesis Vloed, Feit of Fiksie jou kragtige redes om hierdie gebeurtenis as ’n historiese feit te verstaan. 32 bladsye. koop nou

Fassinerende Mens

spesiale prys! R50
(gewoonlik R100)
Hierdie boek bevat merkwaardige inligting oor die mens—wat natuurlik jouself insluit. Dit het nie spesifieke lesers in gedagte nie, maar wel diegene wat in verwondering staan oor die eenvoud en kompleksiteit van die menslike liggaam. Leke en selfs diegene wat meer tegnies ingestel is sal baat vind by die lees van die fassinerende boek. Volkleur. Hardeband. (Hoërskool – Volwassene) 156 bladsye koop nou

Specials aflopen 8 November 2012

You can freely print out or forward these INFObytes or articles from our website to your friends, colleagues, family and even your local media. If you have had this passed on to you and wish to receive CMI INFObytes directly, subscribe here. If you need to change your email address or other information, or to unsubscribe, please update your profile.

PLEASE DO NOT REPLY TO THIS EMAIL. It is only used to send CMI INFObytes.

Creation Ministries InternationalPO Box 3349, Durbanville 7551

CMI on Facebook CMI on TwitterSend to a friend Creation Media

About Us | CMI Home | What We Believe
© 2012 Creation Ministries International Ltd.

Subscribe Creation Ministries Int Book store Specials Events Magazine Donate creation on the web Volunteer CREATION.com Webstore Specials Magazines Events Donate Volunteer