|
CREATION MINISTRIES INTERNATIONAL | Please wait for images to load | VIEW ENGLISH
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||
CMI herdenk 10 jaar van uitreike in Suid-Afrika!
Soos Susan, is die meeste van u bewus daarvan dat CMI poog om die Kerk te ondersteun in die Groot Opdrag, met ‘n fokus op die herstel van die grondwaarhede van die Christelike geloof opgeteken in die eerste elf hoofstukke van Genesis. In die uitvoering hiervan, ‘skakel’ die bediening met Christen-gelowiges deur ‘Creation’-tydskrif, boeke, DVDs, nuusbriewe en INFObytes, en ‘n dinamiese webblad met nagenoeg 8,500 gratis artikels. Saam met hierdie materiale is CMI se 2009 Darwin-dokumentêr The Voyage That Shook the World asook die huidige Bevraagteken Evolusie veldtog effektiewe werktuie in die voortgesette stryd teen die evolusionêre breinspoeling wat tans die samelewing oorheers. Weer oppad—van gemeente na gemeente!‘n Belangrike faset van die bediening is die aanbieding van praatjies in Christelike gemeentes. Hierdie is motiverend van aard en geskoei op die ‘toerusting en bemoediging’ van Christen-gelowiges ‘om die gesag en akkuraatheid van die Bybel vanaf die eerste vers te verdedig.’ Ons is die Here baie dankbaar dat sedert die onstaan van CMI-SA, nagenoeg 100,000 mense bereik is met die Genesis/Evangelie boodskap by meer as ’n 1,000 byeenkomste tydens 57 bedieningstoere regoor die land. Nege internasionale CMI-sprekers het Suid-Afrika besoek (sommiges meer as een keer) tydens twaalf van daardie toere. Dit bly ‘n groot vreugde en seëning om terugvoer te ontvang van ondersteuners oor hoe hulle lewens (en die van familie en vriende) aangeraak is deur ‘n boodskap in ‘n plaaslike gemeente, Bybelkollege of skool. July S. vertel van haar man se worsteling met skepping/evolusie kwessies sedert sy tot bekering gekom het. Terwyl sy voortgegaan het om vir hom te bid het “belangrike onbeantwoorde vrae verhoed dat hy die aansprake van Jesus op sy lewe wou oorweeg en homself toewy aan die Skepper.” Hulle het ‘n CMI-praatjie by ‘n gemeente bygewoon en “weens die lesing is die kettings uiteindelik gebreek … my man verdedig die Bybel en is besig om in die Konigkryk in te gaan … ek weet dit is slegs ‘n kwessie van tyd alvorens nog ‘n verlore skaap by Sy kudde gevoeg word.” Sy gee die Here die eer dat Hy een van Sy diensknegte gebruik het “om Bybelse feite nederig oor te dra as iets meer as net bloot feëverhale.”
Neal B. het ons bedank vir die aanbieding by hulle skool. “Die kinders en personeel het die praatjie baie geniet en dit het almal aan die dink gesit. Ek hoop en vertrou dat baie van die studente bereik is en dat meer van hulle ons Hemelse Vader beter sal leer ken.” Hierdie is maar net ‘n paar van vele getuienisse oor die afgelope jare ontvang. Hier aan die drumpel van ‘n volgende dekade, vertrou ons dat, deur Sy genade, CMI plaaslik en oorsee voort sal gaan om van krag tot krag te groei, en steeds meer mense te bereik met ‘n lewensnoodsaaklike boodskap vir ons tyd—die belang van Genesis vir die Evangelie!. As CMI-SA nog nooit by u gemeente, Bybelkollege of skool opgetree het nie en u sou graag ‘n aanbieding wil reël, kontak ons hier of skakel 021 975 8109. CMI is afhanklik van die bydraes van gelowiges om die werk voort te sit. Indien nie reeds betrokke, bemoedig ons u om ‘n donasie te oorweeg. Meermalig of eenmalig, klein of groot—dit sal ons help om langtermyn beter te kan beplan. Baie dankie dat u saam met ons hande vat in die stryd om die gedagtes en harte van mense. Lekker verjaar CMI-SA!
Birthday specials valid until 29 June, 2012
|
|||||||||||||||||||||||||||||
|
You can freely print out or forward these INFObytes or articles from our website to your friends, colleagues, family and even your local media. If you have had this passed on to you and wish to receive CMI INFObytes directly, subscribe here.
If you need to change your email address or other information, or to unsubscribe, please update your profile.
Creation Ministries International—PO Box 3349, Durbanville 7551 |
|||||||||||||||||||||||||||||
|
About Us |
CMI Home |
What We Believe |
|||||||||||||||||||||||||||||